Lines Matching refs:op

21 deel van die gemeenskap hierdie Verklaring in ag sal neem en deur opvoeding, respek vir hierdie regte en vryhede te bevorder, op nasionale en internasionale vlak, daarna sal strewe om die universele en effektiewe erkenning en agting van hierdie regte te verseker, nie net vir die mense van die Lidstate nie, maar ook vir die mense in die gebiede onder hul jurisdiksie.
24 Alle menslike wesens word vry, met gelyke waardigheid en regte, gebore. Hulle het rede en gewete en behoort in die gees van broederskap teenoor mekaar op te tree.
27 Elke persoon het die reg tot al die regte en vryhede soos in die Verklaring vervat is, sonder uitsondering van enige aard soos op grond van ras, geslag, kleur, taal, godsdiens, geboorte of enige ander status.
29 Daarbenewens sal geen onderskeid op grond van politieke, geregtelike of internasionale status van die land of gebied waartoe ’n persoon behoort gemaak word nie, hetsy dit ’n onafhanklike trust, nie‐selfregerend of onder enige ander beperking van soewereiniteit is.
61 Niemand sal onderworpe wees aan arbitrêre inmenging met sy privaatheid, familie, woning of korrespondensie nie, of aan aanvalle op sy eer en reputasie nie. Elkeen het die reg tot beskerming deur die wet teen sulke inmenging of aanvalle.
71 2. Daar mag nie op hierdie reg aanspraak gemaak word tydens vervolging vir nie‐politieke oortredings of dade wat strydig is met die doelwitte en beginsels van die Verenigde Volke nie.
79 1. Volwasse mans en vrouens, sonder enige beperking as gevolg van ras, nasionaliteit of godsdiens, het die reg om te trou en met ’n familie te begin. Hulle kan aanspraak maak op gelyke regte ten opsigte van die huwelik, tydens die huwelik en tydens ontbinding van die huwelik.
83 3. Die familie is die natuurlike en fundamentele groepseenheid van die gemeenskap en kan aanspraak maak op beskerming deur die gemeenskap en die Staat.
109 Elkeen, as ’n lid van die gemeenskap, het die reg tot bestaan‐sekerheid en kan aanspraak maak op die verwesenliking van die ekonomiese, sosiale en kulturele regte wat noodsaaklik is vir sy waardigheid en die vrye ontwikkeling van sy persoonlikheid, deur middel van nasionale pogings en internasionale samewerking en volgens die organisasie en hulpbronne van elke staat.
116 3. Elkeen wat werk kan aanspraak maak op regverdige vergoeding wat aan hom en sy familie ’n menswaardige bestaan verseker en wat aangevul kan word deur ander vorms van sosiale sekerheid, indien nodig.
121 Elkeen het die reg tot rus en vrye tyd, insluitend redelike beperkings op werksure en periodieke betaalde verlof.
126 2. Moeders en kinders kan aanspraak maak op spesiale sorg en hulp. Alle kinders, hetsy binne‐ of buite‐egtelik, sal dieselfde sosiale beskerming geniet.
129 1. Elkeen het die reg tot opvoeding. Opvoeding sal gratis wees, ten minste in die elementêre en fundamentele stadiums. Elementêre opvoeding sal verpligtend wees. Tegniese en professionele opvoeding sal geredelik beskikbaar wees en ho’r opvoeding sal net so geredelik op meriete beskikbaar wees.
131 2. Opvoeding sal gemik wees op die volle ontwikkeling van die menslike persoonlikheid en op die bevordering van respek vir menseregte en fundamentele vryheid. Dit sal begrip, verdraag‐saamheid en vriendskap tussen alle nasies, rasse of etniese groepe bevorder, asook die aktiwiteite van die Verenigde Volke in die handhawing van vrede.
141 Elkeen is geregtig op ’n sosiale en internasionale orde waarin die regte en vryhede beskryf in hierdie Verklaring ten volle verwesenlik kan word.
151 Niks in hierdie Verklaring mag interpreteer word as impliserend dat enige Staat, groep of persoon die reg het om deel te neem aan enige aktiwiteit of enige daad wat gerig is op die beskadiging van enige regte en vryhede hierin beskryf nie