Lines Matching refs:en

3 AANGESIEN erkenning vir die inherente waardigheid en die gelyke en onvervreembare reg van alle lede van die menslike ras die basis vir vryheid, geregtigheid en vrede in die wereld is;
5 AANGESIEN minagting vir menseregte barbaarse dade wat die gewete van die mens aangetas het en die aanvang van ’n wereld waarin mense vryheid van spraak, geloof, vrees en behoefte het, gesien word as die hoogste aspirasie van die gemiddelde mens;
7 AANGESIEN dit noodsaaklik is dat menseregte deur die wet beskerm word ten einde te voorkom dat mense nie gedwing gaan word om in opstand teen tirannie en onderdrukking te kom nie;
11 AANGESIEN die volke wat lid van die Verenigde Volke Organisasie is, hul geloof in fundamentele menseregte in die Handves beklemtoon, in die waardigheid en waarde van die menslike persoon, in die gelyke regte van mans en vrouens en dit ten doel het om sosiale vooruitgang en ’n beter lewenspeil in groter vryheid te bevorder;
13 AANGESIEN Lidstate hulle voorgeneem het om in samewerking met die Verenigde Volke universele respek en agting vir menseregte en fundamentele vryheid te verwesenlik; en
15 AANGESIEN ’n algemene begrip van hierdie regte en vryhede van groot belang vir die bereiking van hierdie voorneme is,
19 Hierdie Universele Verklaring van Menseregte as ’n algemene standaard vir die verwesenliking deur alle mense en nasies, om te verseker dat elke individu en elke
21 deel van die gemeenskap hierdie Verklaring in ag sal neem en deur opvoeding, respek vir hierdie regte en vryhede te bevorder, op nasionale en internasionale vlak, daarna sal strewe om die universele en effektiewe erkenning en agting van hierdie regte te verseker, nie net vir die mense van die Lidstate nie, maar ook vir die mense in die gebiede onder hul jurisdiksie.
24 Alle menslike wesens word vry, met gelyke waardigheid en regte, gebore. Hulle het rede en gewete en behoort in die gees van broederskap teenoor mekaar op te tree.
27 Elke persoon het die reg tot al die regte en vryhede soos in die Verklaring vervat is, sonder uitsondering van enige aard soos op grond van ras, geslag, kleur, taal, godsdiens, geboorte of enige ander status.
32 Elkeen het die reg tot lewe, vryheid en sekuriteit van persoon.
35 Niemand sal in slawerny of knegskap gehou word nie; alle vorms van slawerny en handel in slawe sal verbied word.
44 Almal is gelyk voor die reg en het die reg tot gelyke beskerming van die wet. Almal het die reg tot gelyke beskerming teen enige diskriminasie ter skending van hierdie Verklaring en teen enige aanmoediging tot sulke diskriminasie.
53 Elkeen het, in volle gelykheid, die reg tot ’n regverdige en openbare verhoor deur ’n onafhanklike en objektiewe tribunaal, in die bepaling van sy regte en verpligtinge en die ondersoek van enige kriminele saak teen hom.
61 Niemand sal onderworpe wees aan arbitrêre inmenging met sy privaatheid, familie, woning of korrespondensie nie, of aan aanvalle op sy eer en reputasie nie. Elkeen het die reg tot beskerming deur die wet teen sulke inmenging of aanvalle.
64 1. Elkeen het die reg tot vryheid van beweging en verblyf binne die grense van elke staat.
66 2. Elkeen het die reg om enige land te verlaat, insluitende sy eie, en na sy land terug te keer.
71 2. Daar mag nie op hierdie reg aanspraak gemaak word tydens vervolging vir nie‐politieke oortredings of dade wat strydig is met die doelwitte en beginsels van die Verenigde Volke nie.
76 2. Niemand se burgerskap sal arbitrêr afgeneem word nie en niemand sal van die reg ontneem word om afstand te doen van burgerskap nie.
79 1. Volwasse mans en vrouens, sonder enige beperking as gevolg van ras, nasionaliteit of godsdiens, het die reg om te trou en met ’n familie te begin. Hulle kan aanspraak maak op gelyke regte ten opsigte van die huwelik, tydens die huwelik en tydens ontbinding van die huwelik.
81 2. Die huwelik sal plaasvind slegs met die vrywillige en volle toestemming van die voornemende huweliksmaats.
83 3. Die familie is die natuurlike en fundamentele groepseenheid van die gemeenskap en kan aanspraak maak op beskerming deur die gemeenskap en die Staat.
86 1. Elkeen het die reg om individueel en in assosiasie met ander eiendom te besit.
91 Elkeen het die reg tot vryheid van denke, gewete en godsdiens; hierdie reg sluit in die reg om van godsdiens of geloof te verander en die vryheid om, hetsy alleen of in ’n gemeenskap, hierdie godsdiens of geloof te beoefen deur verkondiging, aanbidding of heiliging.
94 Elkeen het die reg tot vryheid van opinie en uitdrukking; hierdie reg sluit die vryheid in om opinies sonder inmenging te lug en om inligting en idees te vra, te ontvang en te deel deur middel van enige medium ten spyte van grense.
97 1. Elkeen het die reg tot vryheid van vreedsame vergadering en assosiasie.
106 3. Die wil van die mense sal die basis vorm van die owerheid of regering, en hierdie wil sal uitgedruk word deur middel van egte tussenverkiesings.
109 Elkeen, as ’n lid van die gemeenskap, het die reg tot bestaan‐sekerheid en kan aanspraak maak op die verwesenliking van die ekonomiese, sosiale en kulturele regte wat noodsaaklik is vir sy waardigheid en die vrye ontwikkeling van sy persoonlikheid, deur middel van nasionale pogings en internasionale samewerking en volgens die organisasie en hulpbronne van elke staat.
112 1. Elkeen het die reg om te werk, tot die vrye keuse van arbeid, tot regverdige en gunstige werksomstandighede en tot beskerming teen werkloosheid.
116 3. Elkeen wat werk kan aanspraak maak op regverdige vergoeding wat aan hom en sy familie ’n menswaardige bestaan verseker en wat aangevul kan word deur ander vorms van sosiale sekerheid, indien nodig.
118 4. Elkeen het die reg, ter beskerming van sy belange, om vakbonde te stig en daarby aan te sluit
121 Elkeen het die reg tot rus en vrye tyd, insluitend redelike beperkings op werksure en periodieke betaalde verlof.
124 1. Elkeen het die reg tot ’n lewenspeil wat voldoende is vir gesondheid, welsyn vir homself en sy familie, insluitende kos, klere, behuising, mediese sorg en noodsaaklike bestaansekerheid, en die reg tot voordele of onderstandsgeld tydens werkloosheid, siekte, ongeskiktheid, weduweeskap, ouderdom of ’n tekort aan lewens‐middele tydens omstandighede buite sy beheer.
126 2. Moeders en kinders kan aanspraak maak op spesiale sorg en hulp. Alle kinders, hetsy binne‐ of buite‐egtelik, sal dieselfde sosiale beskerming geniet.
129 1. Elkeen het die reg tot opvoeding. Opvoeding sal gratis wees, ten minste in die elementêre en fundamentele stadiums. Elementêre opvoeding sal verpligtend wees. Tegniese en professionele opvoeding sal geredelik beskikbaar wees en ho’r opvoeding sal net so geredelik op meriete beskikbaar wees.
131 2. Opvoeding sal gemik wees op die volle ontwikkeling van die menslike persoonlikheid en op die bevordering van respek vir menseregte en fundamentele vryheid. Dit sal begrip, verdraag‐saamheid en vriendskap tussen alle nasies, rasse of etniese groepe bevorder, asook die aktiwiteite van die Verenigde Volke in die handhawing van vrede.
136 1. Almal het die reg om vrylik aan die kulturele lewe van hul gemeenskap deel te neem, om die kunste te geniet en in wetenskaplike vooruitgang en voordele te deel.
138 2. Elkeen het die reg tot die beskerming van die morele en materi’le belange wat spruit uit enige wetenskaplike, letterkundige of kunswerk deur hom geproduseer.
141 Elkeen is geregtig op ’n sosiale en internasionale orde waarin die regte en vryhede beskryf in hierdie Verklaring ten volle verwesenlik kan word.
144 1. Elkeen het verpligtinge teenoor die gemeenskap waar alleenlik die vrye en volle ontwikkeling van sy persoonlikheid moontlik is.
146 2. In die uitoefening van regte en vryhede, sal elke mens slegs onderworpe wees aan die wetlike beperkinge ingestel om deeglike erkenning en respek vir die regte en vryhede van ander te verseker en om die redelike vereistes na te kom vir sedelikheid, openbare orde en die algemene welsyn van ’n demokratiese gemeenskap.
148 3. Hierdie regte en vryhede mag in geen geval strydig met die doelwitte en beginsels van die Verenigde Volke uitgeoefen word nie.
151 Niks in hierdie Verklaring mag interpreteer word as impliserend dat enige Staat, groep of persoon die reg het om deel te neem aan enige aktiwiteit of enige daad wat gerig is op die beskadiging van enige regte en vryhede hierin beskryf nie