Lines Matching refs:n

5 AANGESIEN minagting vir menseregte barbaarse dade wat die gewete van die mens aangetas het en die aanvang van ’n wereld waarin mense vryheid van spraak, geloof, vrees en behoefte het, gesien word as die hoogste aspirasie van die gemiddelde mens;
11 AANGESIEN die volke wat lid van die Verenigde Volke Organisasie is, hul geloof in fundamentele menseregte in die Handves beklemtoon, in die waardigheid en waarde van die menslike persoon, in die gelyke regte van mans en vrouens en dit ten doel het om sosiale vooruitgang en ’n beter lewenspeil in groter vryheid te bevorder;
15 AANGESIEN ’n algemene begrip van hierdie regte en vryhede van groot belang vir die bereiking van hierdie voorneme is,
19 Hierdie Universele Verklaring van Menseregte as ’n algemene standaard vir die verwesenliking deur alle mense en nasies, om te verseker dat elke individu en elke
29 Daarbenewens sal geen onderskeid op grond van politieke, geregtelike of internasionale status van die land of gebied waartoe ’n persoon behoort gemaak word nie, hetsy dit ’n onafhanklike trust, nie‐selfregerend of onder enige ander beperking van soewereiniteit is.
41 Elkeen het oral die reg tot erkenning as ’n persoon voor die reg.
53 Elkeen het, in volle gelykheid, die reg tot ’n regverdige en openbare verhoor deur ’n onafhanklike en objektiewe tribunaal, in die bepaling van sy regte en verpligtinge en die ondersoek van enige kriminele saak teen hom.
56 1. Elkeen beskuldig van ’n strafbare oortreding het die reg om as onskuldig beskou te word tot skuldig bevind volgens die wet, in ’n openbare saak waarin hy verseker is van die nodige verdediging.
58 2. Niemand sal beskuldig word van ’n strafbare oortreding as gevolg van enige daad of nalatigheid wat volgens nasionale of internasionale wet nie ’n misdaad ten tye van die pleeg daarvan was nie. ’n Swaarder straf sal ook nie opgel word as die straf wat toepaslik was ten tye van die oortreding nie.
79 1. Volwasse mans en vrouens, sonder enige beperking as gevolg van ras, nasionaliteit of godsdiens, het die reg om te trou en met ’n familie te begin. Hulle kan aanspraak maak op gelyke regte ten opsigte van die huwelik, tydens die huwelik en tydens ontbinding van die huwelik.
91 Elkeen het die reg tot vryheid van denke, gewete en godsdiens; hierdie reg sluit in die reg om van godsdiens of geloof te verander en die vryheid om, hetsy alleen of in ’n gemeenskap, hierdie godsdiens of geloof te beoefen deur verkondiging, aanbidding of heiliging.
99 2. Niemand sal gedwing word om aan ’n assosiasie te behoort nie.
109 Elkeen, as ’n lid van die gemeenskap, het die reg tot bestaan‐sekerheid en kan aanspraak maak op die verwesenliking van die ekonomiese, sosiale en kulturele regte wat noodsaaklik is vir sy waardigheid en die vrye ontwikkeling van sy persoonlikheid, deur middel van nasionale pogings en internasionale samewerking en volgens die organisasie en hulpbronne van elke staat.
116 3. Elkeen wat werk kan aanspraak maak op regverdige vergoeding wat aan hom en sy familie ’n menswaardige bestaan verseker en wat aangevul kan word deur ander vorms van sosiale sekerheid, indien nodig.
124 1. Elkeen het die reg tot ’n lewenspeil wat voldoende is vir gesondheid, welsyn vir homself en sy familie, insluitende kos, klere, behuising, mediese sorg en noodsaaklike bestaansekerheid, en die reg tot voordele of onderstandsgeld tydens werkloosheid, siekte, ongeskiktheid, weduweeskap, ouderdom of ’n tekort aan lewens‐middele tydens omstandighede buite sy beheer.
141 Elkeen is geregtig op ’n sosiale en internasionale orde waarin die regte en vryhede beskryf in hierdie Verklaring ten volle verwesenlik kan word.
146 2. In die uitoefening van regte en vryhede, sal elke mens slegs onderworpe wees aan die wetlike beperkinge ingestel om deeglike erkenning en respek vir die regte en vryhede van ander te verseker en om die redelike vereistes na te kom vir sedelikheid, openbare orde en die algemene welsyn van ’n demokratiese gemeenskap.